Vals

Hierdie is ‘n gedig wat ek en ‘n vriend, Corné Opperman, saam geskryf het.

Die wêreld is vals
Jy is nie die uitsondering nie

Ek vrees die see
– Onder andere vir sy donker dieptes
en sy misterie wat onontdek bly –
Maar eintlik vir die groot rede dat
die groot uitgestrekte oseaan
‘n spieëlbeeld terugkaats van
die wêreld en die mens se valsheid

Deur hierdie rooi oë lyk
Die wêreld vir my baie
Mooi
Ek mis die dae toe
Ek nog op skoon coke gekuier
Het.
Ek mis die aande wat ek
Nie kan onthou nie
Ek mis die dae toe ons
Vriendskap meer as kuiers by kroeë was.
Ek het jou gemaak in wie jy is.
Min het ek geweet dat jy later hierdie vriendskap sou verruil vir ‘n dubbel olof
Sonder my.
Jy het my mislei met jou vals boodskappe en stories van hoe die son op my skyn.
Vannaand se ek maar eerder dankie vir die geheue en vermy die haat.

Ons woorde en ons selfsugtige aksies
spoel in die oseane in soos
miljoene plastiekstrootjies en
duisende vierkante meter papier-
en kartondose
En dit terwyl daar duidelike
dromme voor ons monde geplaas is
om hulle uit te sorteer.

Wanneer ons bloei, bloei ons
in die oseane in en ons voel beter
wanneer die oseaandiere saam
met ons bloei om ‘n soortvanne
“eenheid” te vorm.
Bloed is bloed
En mens kan wel bloed met water
afspoel, maar mens kan nie die
skuld wat mens die wêreld
aandoen, net wegspoel nie.
Want ons oseane spoel nooit weg nie.
Hulle bly uitbreek op ons growwe strande
om ons te probeer smeek om net
vir ‘n slag in ons eie spieëlbeeld te
kyk
en te besef

Die wêreld is vals
Jy is die rede

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s