Dink

Ek skryf

Want soms voel ek

Dat my stem te sag is

Vir enigiemand om te hoor

Met woorde op papier

Kan niemand my in die rede

Val

Of my doodpraat nie

Met woorde kan ek jou

Laat dink, want as mens

Praat, luister min

Want almal luister net

Om ‘n antwoord te gee

So met woorde op papier

Kan ek jou ook konfronteer

Sonder dat jy aangevat voel,

Want woorde op papier

Is mos nie dieselfde as

Regte

Woorde nie?

Met my woorde voel ek

Dat ek die wêreld kan

Konfronteer en asof die

Wêreld sal luister en sal

Dink

Want ek belowe dis al wat

Ek jou wil laat doen:

Ek wil jou laat dink

Want in die lewe van vandag

Het niemand eens tyd om

Te dink nie

So wanneer jy hierdie lees,

Hoop ek dit laat jou

Dink

Anders kan jy hierdie papier

Maar opfrommel

En in die straat gooi

Daar sal iemand wees wat

Dit daar sal optel en

Wat meer tyd en dalk

Minder geleenthede het

En vir wie hierdie woorde

Op papier sal laat

Dink

Advertisements

One thought on “Dink

  1. Charl says:

    Hi, lekker om jou goed te lees… laat my altyd baie dink. Die 2 Testamente op papier wat die mensdom het, het al so baie lewens verander, so ek wonder of woorde op papier nie dalk sterker as woorde is nie…

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s